NewsSchools

Groot skenking van Rappies aan Cast Aways

'Die leiers en hulle ouers van 2020 is ware staatmakers' – organiseerder.

‘n Groot skenking van kos is onlangs aan Cast Aways Animal Sanctuary oorhandig danksy leiers van Laerskool Rapportryer.

Volgens Magda Swart, organiseerder by die skool, was die skenking ‘n finale leierprojek vir 2020.

Belinda Barkhuizen, Schalk Brits, Carien Barkhuizen en Louisa Rossouw van Cast Aways. Foto: Michelle Roodt.

“Die leiers van 2020 wou graag die viervoetiges bystaan in hul gemeenskap om daardeur ‘n verskil te maak in hulle lewens,” het Magda verduidelik. Sy bedank graag ‘n ieder en ‘n elk wat tot die skenking bygedra het.

“Die leiers en hulle ouers van 2020 is ware staatmakers.”

Schalk Brits, André Kruger, waarnemende hoof van Laerskool Rapportryer en Carien Barkhuizen met die pakke kos. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button