NewsSchools

Talle gesinne in nood baat by Ram-projek

Sebastian Pretorius en Sharika Bondesio het onlangs 'n ambassadeursprojek begin om gesinne in nood te help.

Twee Laerskool Randfontein-leerders wat onlangs ambassadeursbalkies verwerf het, doen hul deel om die gemeenskap te help.

Sebastian Pretorius en Sharika Bondesio help kos insamel vir dié in nood, in samewerking met die skool se onderwysers wat verantwoordelik is vir die voedingskema.

Die kosprodukte wat ingesamel is waarmee die kospakkies opgemaak sal word. Foto ingestuur.

Volgens Leonie Pretorius en Erica Bondesio, die organiseerders van die projek en die ma’s van die twee leerders, het hulle die projek aan die begin van September aangepak en tot dusver ongeveer 80 gesinne gehelp.

Ons het plaaslike besighede genader, en Pick n Pay Helikonpark en Spar Greenhills was dadelik aan boord,” het Leonie vertel.

Daar is spesiale trollies by die twee winkels waarin lede van die gemeenskap kosprodukte kan plaas. Hulle gaan haal dit dan en maak die kospakkies op wat aan gesinne in nood geskenk word.

Diegene wat verkies om die produkte direk aan die skool te gee kan met juffrou Celest Pretorius gesels.

Die kosprodukte wat ingesamel is waarmee die kospakkies opgemaak sal word. Foto ingestuur.

“Enige ander besigheid wat ‘n bydrae wil lewer is welkom om kontak te maak,” het Leonie gesê, en bygevoeg dat hoe meer hulp hulle kry, hoe meer gesinne daarby kan baat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button