KYK: RAM se dansgroepe doen die Jerusalema-uitdaging

Laerskool Randfontein se RAM extreme en RAM Pom Poms dansgroepe doen die Jerusalema-uitdaging

Laerskool Randfontein se dansgroepe, RAM Extreme en RAM Pom Poms het onlangs deelgeneem aan die Jerusalema Challenge.

Volgens Diane Matthews, organiseerder van die dans, het RAM besluit om hul dansgroepe in te span om die Jerusalema-dans uit te voer.

Diane het saam met die dansgroepe se afrigters, Khaya Dhladhla en Angelique Pita van Blueprint Academy of Dance die dans uitgewerk en afgerig.

“Ons het een dag omtrent twee uur lank geoefen, en die video in een dag opgeneem.

Die kinders is so uitgehonger vir iets anders, dus het ek besluit dat hulle nog een optrede kan doen, ” het Diane vertel.

Sy het genoem dat die kinders dit verskriklik geniet om iets vrolik te doen in hierdie tyd waar alles om Covid-19 draai.

Exit mobile version