Misdaad weer volop in Randwes: 12 in totaal

Jongste volledige misdaadverslag van EPR toon minstens 12 insidente waarvan ses by besighede was.

Minstens 11 insidente is gedurende die naweek van 25 tot 27 September in Randwes (Randfontein/ Westonaria) by EPR Sekuriteit aangemeld.

Een insident van diefstal is ook vroeg Maandagoggend, 28 September gerapporteer.

Volgens Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het die meeste insidente (ses) by besighede plaasgevind. Daar was verder vier insidente by wonings en twee by ‘n hoërskool in Greenills.

“Dit was ‘n besige naweek wat insidente betref. Drie arrestasies is oor die naweek vir huisbraak en betreding gemaak. Diefstal en huisbraak was die naweek bo aan die lys van die insidente wat aangemeld is. Inwoners word versoek om versigtig te wees wanneer hulle tuis is en indien moontlik te verseker dat alle deure en hekke gesluit bly,” het Krogh gesê.

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

EPR se jongste volledige misdaadverslag. Foto ingestuur.
Exit mobile version