NewsSchools

Nuwe metode van skoolgee vir Riebeeck-onnies teen Covid-19

Letsie Grobler, een van die personeellede wat Graad 8- en 9-leerders onderrig, het vertel dat die wisselry groot pret verskaf en dat dit hulle fiks hou.

Hoërskool Riebeeckrand se personeel loop letterlik die ekstra myl vir hul leerders.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, moes Riebeeckrand se personeel hulle hardlooptekkies afstof om te verseker dat hulle duisende treë per dag stap as nog ‘n manier om Covid-19 te beveg.

Tianie Barnard, ‘n Graad 8 Wiskunde-onderwyser en Johan Tiedt, ‘n Graad 8 en 9 Sosiale Wetenskap-onderwyser op pad om klasse te wissel. Foto: Elzeri Wright.

“Om die leerders se veiligheid te verseker en sosiale afstand te handhaaf, wissel die Graad 8- en 9-leerders nie meer tussen periodes nie, maar wel die personeel. Die onderwysers loop ‘n gemiddeld van 15 000 treë per dag!” het sy verduidelik.

“Die personeel wissel ongeveer ses keer per dag klas en moet hul hele pakkaas saam met hulle neem – ‘n skootrekenaar, boeke, lêers, notas en nog meer,” het sy bygevoeg.

Letsie Grobler, een van die personeellede wat Graad 8- en 9-leerders onderrig, het vertel dat die wisselry groot pret verskaf en dat dit hulle fiks hou.

Annelize van den Berg, die skoolhoof het gesê hoe dankbaar en trots sy op haar personeel is wat so hard werk en op ‘n drafstap te alle tye hul beste gee, en boonop die leerders se belange op die hart dra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button