Local newsNews

#Teineboys se eerste ontbyt sedert inperking

Die Randfontein Rugbyklub het hul eerste #Teineboys-ontbyt sedert die inperking aangebied.

Randfontein Rugbyklub het hul eerste #Teineboys-ontbyt sedert die inperking aangebied.

Die reuk van wors wat braai en pap wat kook het die lapa vroeg Woensdagoggend, 23 September gevul. 

Talle besigheidsmanne het gekom om die Teine ontbyt te geniet. Foto: Michelle Roodt.

 

Volgens Lulu Kleyn, die klubbestuurder, is die #Teineboys-ontbyt vir besigheidsmanne en -vroue ‘n geleentheid om in ‘n ander atmosfeer sosiaal te verkeer, asook ‘n manier waarop die onderskeie besighede kan netwerk.

“Die ontbyt is ook ‘n fondsinsamelingsprojek vir die rugbyklub,” het Lulu vertel.

Almal is volgens haar welkom – ou vriende en nuwes. “Ons het ‘n paar nuwe vriende gehad en nooi graag nog meer besighede uit om saam met ons manne en dames te kom kuier.” 

Die reuk van boerewors en pap het die lapa gevul. Foto: Michelle Roodt.

 

Tydens die #Teineboys-ontbyt is ‘n Lions-hemp aan Tobie Spangenberg van Grain Carriers as ‘n aandenking oorhandig. Stean Pienaar van die Lions het die hemp geskenk.

Lulu het belowe dat die datum van die volgende ontbyt mettertyd deurgegee sal word. 

Johan Cronje Snr gaan lekker eet aan die boerewors. Foto: Michelle Roodt.
Arno Cronje besig om op te skep. Foto: Michelle Roodt.
Agter: Stephanus Ferreira, Jaco van Tonder. Voor: Katryn Ferreira en Barbara Van Tonder. Foto: Michelle Roodt.
Gerald King, Johan Cronje Snr en Arno Cronje. Foto: Michelle Roodt.
Joe Bootha besig om op te skep. Foto: Michelle Roodt.
Corne Hulme, Johan Cronje en Wandre Cronje by die #Teineboys-ontbyt. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button