NewsSchools

Rappies sê dankie

Child & Family Welfare het Laerskool Rapportryer se nood raakgesien om behoeftige gesinne te help.

Laerskool Rapportryer is baie dankbaar oor die nuutste skenking wat hulle ontvang het.

“Die ou NG-Welsyn se perseel is oorgeneem deur Child & Family Welfare. Anthony Weilbach, die hoof uitvoerende beampte, het Laerskool Rapportryer se nood raakgesien om behoeftige gesinne van kos te voorsien,” het skoolwoordvoerder Roleen Olivier vertel. 

Child & Family Welfare het onlangs kos aan Laerskool Rapportryer geskenk om behoeftige gesinne te help. Foto ingestuur.

Sy het gesê dat Anthony en sy span onlangs kos aan die skool geskenk het. Hulle het ook kospakkies geskenk vir die leerders wat Vrydae kospakkies ontvang vir die week wat hulle nie by die skool is nie. 

Child & Family Welfare het onlangs kos aan Laerskool Rapportryer geskenk om behoeftige gesinne te help. Foto ingestuur.

“Anthony en sy span bied ook al die welsynsdienste in ons omgewing aan wat altyd deur NG-Welsyn behartig is. Ons wil hulle hartlik welkom heet in Randfontein en bedank vir die groot diens wat hulle aan ons lewer,” het Roleen bygevoeg.

Related Articles

Back to top button