Local newsNews

Warm harte verdryf die koue

Vier Graad 7-leerders van Laerskool Randfontein het warm sjokolade verkoop om maskers vir minderbevoorregte leerders te koop.

Vier Graad 7-leerders van Laerskool Randfontein het koppe bymekaar gesit om minderbevoorregte leerders in die koue te help.

Deone Scheepers, Anneke van der Merwe, Chevonne Bezuidenhout, Chrystel Graaff en Marizelle William het begin om warm drankies te verkoop toe net die Graad 7-leerders terug by die skool was. Die fondse wat daardeur ingesamel is, is geskenk om skoolmaskers vir minderbevoorregte leerders aan te koop.

“Dit was bitter koud en ons het ‘n geleentheid gesien. Dit het baie goed gewerk toe net die Graad 7’s by die skool was, maar nou is dit baie moeilik, want al die grade het op verskillende tye pouse. Daarom het ons vir eers gestop,” het Deone gesê.

Volgens Anneke was dit baie koud en almal het na iets warms gesoek. Een van die onderwysers het aangebied dat hulle sy klas kon gebruik om koffie en warm sjokolade te maak, en daar het alles begin.

“Dit was ‘n groot sukses, want die leerders het iets gekry wat hulle graag wou hê, en ons het ‘n hele paar rand gemaak.

Die geld is aan ons skoolhoof geskenk om nog maskers aan te koop vir die leerders wat nie hul eie kan bekostig nie,” het Chevonne gesê.

Terwyl daar soveel vrees en onsekerheid heers, wou dié leerders iets kleins doen om te wys dat die wêreld is nie so ‘n slegte plek nie.

“Dit was die eerste keer dat ons so iets aanpak en ons het dit baie geniet. Dis ook baie lekker om terug te wees by die skool. Ons sien ons maats en is darem nie meer so alleen by die huis nie. Dis ook baie lekker om weer nuwe dinge te leer,” het Crystal gesê.

Volgens Marizelle probeer onderwysers om alles interessant te maak en om leerders gemaklik te laat voel in hierdie onseker tye.

“Dit voel nou al snaaks om sonder ‘n masker te wees as ons tuis is, want ons dra dit permanent,” het sy bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button