Just in Time verskyn op die kassie

Die kinders in hul sorg het dit geniet om deel daarvan te wees en om na die program te kyk toe dit uitgesaai is.

Just in Time Baby Sanctuary het op 12 Julie op VIA (DStv kanaal 147) verskyn.

In die heel eerste episode van Ivor en die verskilmakers het hy by Georgina Caetano van Just in Time gaan inloer.

“Ons mentor, Door of Hope, het voorgestel dat ons saam met hulle in die episode van die program verskyn. Hulle het ons gebel en ‘n paar uur later was hulle met hul kameratoerusting by ons,” het Georgina vertel.

Volgens haar was dit ‘n baie lekker ervaring. Die kinders in hul sorg het dit geniet om deel daarvan te wees en om na die program te kyk toe dit uitgesaai is.

“Ons hoop dat dit sal help met bewusmaking van ons organisasie, maar dit was ook lekker om te besef dat mense raaksien wat hier gedoen word. Mens raak so besig met kosmaak, huistake en om die kinders op te voed dat mens nie kans kry om terug te kyk na hoe ver ons al gekom het nie,” het sy bygevoeg.

Exit mobile version