Local newsNews

Verskeie organisasies deel van die oplossing

Altesaam 24 families wat bestaan uit 57 volwassenes en 27 kinders het dié kos ontvang.

Die AfriForum-tak in Krugersdorp het met verskeie plaaslike ondernemings en organisasies hande gevat om verligting te bring vir inwoners wat in nood verkeer tydens die staat van inperking.

Dié voedselprojek is vroeër in April deur AfriForum se Krugersdorp-tak, ToyotaFanatics, Solidariteit Helpende Hand, Apcan Sekuriteit en Laerskool Kenmare van stapel gestuur.

Die kospakkies wat opgemaak is. Foto: Ingestuur.

Sedertdien is ongeveer 500kg vars groente en kos aan die projek geskenk. Die groep ontvangs die skenkings, koop kosprodukte, en maak die kospakkies op en versprei dit. Helpende Hand-lede het 145 piesangbrode gebak en tien potte sampioensop gekook.

Altesaam 24 families wat bestaan uit 57 volwassenes en 27 kinders het dié kos ontvang. Die voedselprojek ontvang daagliks kos en donasies om nóg families vir 10 dae van kos te voorsien. Hierdie ongelooflike groep het ook ‘n skenking aan Laerskool Kenmare se broodjieprojek gedoen om te verseker dat’ n verdere 13 gesinne in nood gehelp kan word.

Van die skenkings wat ontvang is. Foto’s Ingestuur.

“AfriForum is dankbaar vir die geleentheid om saam met al die genoemde rolspelers ‘n verskil in die Krugersdorp-gemeenskap te maak. Dit is weer eens’ n skitterende voorbeeld van wat vermag kan word wanneer ons saamwerk,” het Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand gesê.

Related Articles

Back to top button