Local newsNews

Negejarige bak brood vir dié in nood

'n Mej Randfontein 2020-finalis bak brood vir 'n gemeenskap in nood.

Chantè Nel, 9, ‘n finalis in die Mej Randfontein 2020-kompetisie, is besig om haar deel te doen vir die gemeenskap deur brood te bak vir inwoners van Venterspos.

“Ons het ontdek dat daar ‘n baie groot nood is vir kos in die Venterspos-gemeenskap. Die mense sukkel vreeslik om kop bo water te hou in hierdie moeilike tyd, en daarom het ek en Chantè begin om vir hulle brood te bak,” het Chantè se ma, Anandi Nel gesê. “Ons bak alles self.”

Chantè Nel by die varsgebakte brood vir die inwoners van Venterspos.
Foto: ingestuur.

Op Maandag, 13 April, het hulle reeds 54 brode gebak en vir die gemeenskap geskenk.

“Ons beoog om elke week minstens 200 brode te bak en om dit elke Vrydag aan inwoners in Venterspos uit te deel.”

Anandi het vertel dat enigiemand baie welkom is om hulle te help broodbak, of selfs broodpanne te skenk sodat hulle die mense in Venterspos kan help.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button