Pasta, maalvleis vir Homelake-gemeenskap
Hulle het die projek aangepak om hul medemens in hierdie moeilike tyd te help, het hy verduidelik.
Op Sondag, 12 April het Johannes Murphy, ‘n 2020 Mnr Randfontein-finalis (18+ kategorie) en Simoné van Vollenhoven, ‘n 2020 Mej Randfontein-finalis (14 tot 17 kategorie) kos vir die gemeenskap in Homelake uitgedeel.
“Ek en Simonè het macaroni-en-maalvleisgeregte uitgedeel aan die mense in Homelake wat dit nodig het. Ons het minstens 150 bakkies kos uitgedeel,” het Johannes vertel.

Foto: Ingestuur.
Hulle het die projek aangepak om hul medemens in hierdie moeilike tyd te help, het hy verduidelik.
“Ek sê graag baie dankie aan AJ Boerdery vir hul goedhartigheid. Hulle het ons gehelp deur 2kg maalvleis te borg sodat ons hierdie projek kon aanpak,” het Johannes vertel.




