Local newsNews

Afsonderingstyd-resep: Karamel-springmielieballe

'n Liplekker resep vir almal met 'n soet-tand.

Michelle Roodt, Herald-joernalis het nog ‘n resep met die gemeenskap gedeel. Hierdie keer is dit karamel-springmielieballe. As jy ‘n soettand het, is dit beslis vir jou.

Volgens Michelle is dit ‘n resep waarvoor enige iemand hulle lippe sal aflek, en is boonop so maklik dat selfs die kinders kan dit maak! (Maak seker dat ‘n volwassene help, want daar word met warm bestanddele gewerk.)

Stap 1: Spring die springmieliepitte en hou eenkant terwyl die karamelmengsel gemaak word.
Foto: Michelle Roodt

Wat jy benodig:

• 125g springmieliepitte

• 150g suiker

• 86g botter

• 70ml stroop of heuning

• 1ml sout

• ‘n klein knippie koeksoda

Hoe om dit te maak:

Spring al die springmieliepitte en hou eenkant vir later. Plaas suiker, botter, stroop/ heuning, sout en koeksoda saam in ‘n pot, en roer deur totdat alles gesmelt het. Kook dan die karamel vir ses minute lank, en roer die mengsel elke twee minute.

Al die bestanddele wat nodig is.
Foto: Michelle Roodt.

Haal karamelmengsel van die hitte af en giet oor die springmielies. Roer dit vinnig deur die springmielies terwyl die mengsel nog warm is. Neem ‘n handvol karamelspringmielies en vorm balle daarmee. Dit sal so hard word.

Deel gerus julle lekker resepte met die Herald.

Stap 2: Plaas suiker, botter, stroop/ heuning, sout en koeksoda saam in ‘n pot, en roer deur totdat alles gesmelt het.
Foto: Michelle Roodt.
Stap 3: Bring alles tot kookpunt, en kook vir ses minute. Moet nie vergeet om dit elke een tot twee minute te roer sodat dit nie vasbrand nie.
Foto: Michelle Roodt.
Stap 4: Giet die warm karamelmengsel oor die springmielies en roer so vinnig as moontlik deur voor dit afkoel. Vorm dan die springmielieballe.
Foto: Ginnette Roodt

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button