Mnr Randfontein-finalis help dié in nood

Johannes Murphy het kos gemaak en uitgedeel vir mense in nood.

Johannes Murphy, ‘n finalis vir Mnr Randfontein 2020, het op Donderdag, 2 April kos gaan uitdeel vir die minderbevoorregtes in Homelake.

Hy het vertel dat hy die kos uitgedeel het omdat hy omgee vir sy medemens in die tyd van nood, en nie net omdat hy aan die Mnr Randfontein-kompetisie deelneem nie.

Johannes het gaan kos uitdeel vir dié wat dit nodig het. Foto ingestuur.

“Ek het kos gaan uitdeel aan die minderbevoorregte gesinne in ons dorp aangesien dit ‘n baie moeilike tyd is vir baie.

My hart gaan uit na elke persoon wat geraak is deur die Covid-19 pandemie, veral die gesinne waarvan die kinders op die skole se voedingskemalyste is.

“Dit is ‘n projek wat ek minstens twee tot drie keer per week probeer doen omdat so baie mense op die skool se voedingskemas staatmaak,” het hy vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version