‘Gemaskerde’ Rappies help behoeftiges

Die Rappies-familie sowel as die gemeenskap het in 'n veilige omgewing niebederfbare kos asook noodsaaklike items by die skool gaan afgee.

Laerskool Rapportryer het alle moontlike voorsorgmaatreëls teen die koronaviruspandemie getref. Die Rappies-familie sowel as die gemeenskap kon Donderdag, 26 Maart in ‘n veilige omgewing niebederfbare kos asook noodsaaklike items by die skool gaan afgee.

Volgens Rappies-onderwyser, Sonja Brits gee die skool vir hul behoeftige leerders twee keer ‘n dag ‘n bord kos. Gedurende vakansietye kry hierdie behoeftige gesinne elkeen ‘n kospakkie om huis toe te neem.

Erishe Visagie en Janco Olivier sorteer blikkies.
Foto: Michelle Roodt.

“Hierdie pakkies word opgemaak uit skenkings wat die skool van die ouers en die gemeenskap ontvang het, en Rappies het besef dat daar ‘n geweldige behoefte gaan wees tydens die 21-dae afsonderingstydperk.”

Sy het vertel dat die skool toe in samewerking met van hul leiergroepe ingespring en kos ingesamel vir hierdie gesinne.

“Daar is toe pakkies opgemaak en uitgedeel aan al die behoeftige gesinne van Rappies-leerders,” het Sonja gesê.

Lindie Jordaan en Anneline Geldenhuys besig om pakkies te pak.
Foto: Michelle Roodt.

 

“Rappies wil hulle leiers, leierouers, besighede, buurskole en die res van die gemeenskap bedank vir elkeen se oop hart en hand in die saak. Ons bid dat ons Heer se hand oor elkeen van julle sal wees tydens die 21 dae. Wees te alle tye veilig, en gebruik hierdie tyd om weer te bou aan verhoudings met jul gesinslede,” het sy gesê.

Exit mobile version