Onderwysers en vrywilligers van Laerskool Randfonten het ‘n dag voor die afsonderingstydperk meer as 100 kospakkies opgemaak vir mense in nood.
Onderwysers en ma’s het op Donderdag, 26 Maart bymekaargekom om met die voedingskema te help.
“Ons het probeer om vir elke gesin stysel, vleis en koeldrank te gee,” het onderwyser Celeste Pretorius gesê.
“Om vir ‘n kospakkie te kon kwalifiseer, moes jy jou SASSA-kaarte toon en ‘n afskrif daarvan indien sodat ons die regte tipe ouer kon help, want daar is regtig behoeftige gesinne wat nie kos het nie. Hulle moes dus aansoek doen om op die voedingskema geplaas te word.”
Celeste Strydom, nog ‘n onderwyser het gesê dat hulle ook boeke as skenkings ontvang het, wat aan families uitgedeel is.