MunicipalNews

Inwoners, GPF maak nog slaggate reg

Gemeenskap van Pelzvale staan saam om slaggate te vul.

Nog inwoners asook lede van die Pelzvale/ Randfontein-Suid Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het inisiatief aan die dag gelê deur Derdestraat se slaggate op Saterdag, 21 Maart reg te maak.

“Ons het besluit om die pad te herstel omdat daar net te veel slaggate was,” het Tina Grobler, ‘n lid van die GPF gesê.

Fanie Oosthuizen, Carl Odendaal en Judge Letsholo het saamgewerk om slaggate te vul. Foto: Michelle Roodt

“Niemand kan meer op die paaie ry sonder om hul motors en/ of bande te beskadig nie. Inwoners het al probeer om die slaggate te vul, maar elke keer as dit reën, is die slaggate weer oop,” het Tina gesê.

Sy het vertel dat die gemeenskap tydens ‘n GPF-vergadering ingestem het om fondse in te samel om die pad ordentlik te kon teer.

“Ons het hoeveel keer al vir die munisipaliteit gevra en gesmeek, maar tevergeefs,” het Tina bygevoeg.

Related Articles

Back to top button