Local newsNews

Castaways benodig skenkings vir afsonderingstydperk

Castaways vra vir donasies gedurende landswye afsonderingstydperk.

Castaways Animal Sanctuary in Wilbotsdal se deure sal ook oop bly ten spyte van die landswye afsonderingstydperk vanaf middernag om 26 Maart.

“Ons is ‘n noodsaaklike diens en sal op weeksdae van 8vm tot 5nm oop wees,” het Louisa Rossouw, eienaar van Castaways Animal Sanctuary gesê.

Volgens Louisa sal die bestuurder asook drie van hul werkers op die perseel bly om na die diere om te sien.

“Ons benodig dringend honde- en katkos asook katsand, want ons voorraad gaan nie genoeg wees vir die afsonderingstydperk nie,” het sy vertel.

Die Castaways Animal Sanctuary benodig ook Dettol, Jik, Pine Jel of enige ander middel wat infeksies sal verhoed.

Cataways Animal Sanctuary kan geskakel word by 072 812 3333.

Related Articles

Back to top button