Ram-leerders aanvaar die Spekboom-uitdaging

Laerskool Randfontein se Graad 4-leerders het almal spekboomplantjies gekweek sodat die omgewing daarby kon baat.

Laerskool Randfontein se Graad 4-leerders doen duidelik hul deel vir die omgewing.

Tweehonderd van hulle het onlangs hul eie spekboomsteggies gekweek.

Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder, moet die leerders leer hoe ‘n plant werk.

“In die verlede het ons boontjies laat ontkiem, maar vanjaar het ons besluit om spekbome te kweek omdat dit goed is vir die omgewing. Die leerders het steggies afgesny en dit laat worteltjies vorm sodat hulle ‘n nuwe plantjie kon maak,” het Annie gesê. Die leerders het toe die boompies in die skool se tuin geplant.

“Die leerders het nie net die skool verfraai en versier nie, maar het ook verantwoordelikheid vir die plantjies aanvaar. Hulle voel hulle het iets bereik en bygedra,” het sy vertel.

Exit mobile version