Riebeeckrand-hoof vier haar 60e

'Dankie Riebeeckrand, my dag was 10/10' — Hoërskool Riebeeckrand-hoof.

Hoërskool Riebeeckrand se hoof, Annelize van den Berg, het op Donderdag 12 Maart haar 60ste verjaarsdag gevier.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het die leerders die hoof met verjaarsdagtoejuigings tydens ‘n vierkantseremonie begroet.

Annelize van den Berg met ‘n koek wat spesiaal vir haar gebak is.
Foto: Elzeri Wright.

“Elke klas het geskenke, kaartjies, boodskappies en blomme aangedra, en die personeel het haar ook met ‘n feesviering gedurende eerste pouse verras,” het sy vertel.

Met trane van blydskap het die hoof gesê dat dit verreweg nog haar lekkerste verjaarsdag was en dat sy geseënd gevoel het dat die Here haar bederf het met sulke wonderlike leerders en personeel.

Leerders van Riebeeckrand gee vir Annelize geskenke en kaartjies.
Foto: Elzeri Wright.

“Die personeel en leerders lê haar na aan die hart,” het Elzeri bygevoeg.

“Dankie Riebeeckrand dat julle die hoof se verjaarsdag ‘n 10/10-dag gemaak het!”

Exit mobile version