Local newsNews

Getroue diereliefhebber en span skud blik

Blikskudoggend in Greenhills gehou as fondsinsameling vir mense wat nie kan bekostig om hul honde of katte te laat steriliseer nie.

Diereliefhebbers het op Saterdag, 7 Maart op die hoek van Kennethweg en Homesteadlaan in Greenhills blik geskud vir ‘n goeie doel.

Volgens Stephan Hendricks, organiseerder van die blikskudoggend, was die doel daarvan om geld in te samel vir mense wat nie kan bekostig om hul honde of katte te laat steriliseer nie.

“Ons hoop dat die fondsinsameling oor die lang termyn ‘n verskil sal maak,” het hy gesê.

Stephan van Greenhills is bekend in die dorp as ‘n getroue diereliefhebber.

Hy was juis onlangs voorbladnuus omdat hy hondebeddens van hout maak om fondse in te samel vir sy geliefde teefhond se kankerbehandeling. Volgens hom het hy vir Lady van ‘n ashoop af gered en bly sy sedert 2015 by hom en sy vrou, Renette.

Gedurende Oktober verlede jaar het hy 1 300kg honde- en katkos na Strydenburg in die Noord-Kaap geneem vir diere in nood.

Related Articles

Back to top button