Local newsNews

Pretdag en pageant vir Boeredroogte Hulp SA.

"Ons nooi die publiek en besighede uit om die pretdag saam met ons te geniet en moedig almal aan om in te skryf."

‘n Boeremeisie en Boerseun Pageant en pretdag gaan op 28 Maart by Die Windpomp in Randfontein gehou word.

Volgens Alicia Mienie, een van die organiseerders, was dit Chris van Biljon van Boeredroogte Hulp SA se idee. “Sy passie en emosionele betrokkenheid om ons land se boere te help is aansteeklik,” het sy vertel.

“Die doel van die pretdag en pageant is om fondse, voer asook diesel in te samel sodat Boeredroogte Hulp SA kan voortgaan met hul uitmuntende werk om ons boere regoor Suid-Afrika te help.”

Volgens Alicia is die toegangsgeld ‘n donasie vir ‘n boer, hetsy fondse of voer. “Ons nooi die publiek en besighede uit om die pretdag saam met ons te geniet en moedig almal aan om in te skryf,” het sy gesê.

“Dit is ‘n pretdag vir die hele familie. Deur die loop van die dag gaan ‘n paar kunstenaars – Rohan, Dylan Emslie, Candy Benson, Tanya asook Reinhardt Venter – optree en die gehoor vermaak.”

Alle fondse wat gedurende die dag ingesamel word, word oorbetaal en oorhandig aan Tinus Erasmus wat Boeredroogte Hulp SA verteenwoordig.

Skakel Alicia Mienie by 078 045 7277 vir enige verdere inligting.

Related Articles

Back to top button