Familie het die 22-jarige man van Randpoort wat verlede Donderdag, 13 Februarie doodgeskiet is, as Sachin Spanenberg geïdentifiseer.
Sersant Linkie Lefakane, die Bekkersdal Polisie-woordvoerder het bevestig dat hulle ‘n saak van moord ondersoek. Sy liggaam is naby Donaldson Dam gevind.
Volgens familie sal Spanenberg altyd onthou word as ‘n omgeemens, vir sy glimlag en al die grappies wat hy daagliks vertel het.
Lees ook:
“Hy sou self swaarkry in plaas daarvan om te sien hoe ander swaarkry. Hy was lief vir rugby en ‘n massiewe Lions-ondersteuner, en natuurlik mal oor visvang,” het Tobie Spanenberg, Sachin se pa gesê.
Sy begrafnisdiens is op Maandag, 24 Februarie in Krugersdorp gehou.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.