Local newsNews

Liefde in die lug by Little Angels

Die kleuters van die Little Angels Dagsorgsentrum het 'n hele week van pret gehad.

Die kleuters van Little Angels Dagsorgsentrum het van Maandag, 10 Februarie tot Vrydag, 14 Februarie Valentynsweek gevier.

Volgens Chevonne Buitendag, die hoof en eienaar van die skool het die leerders die hele week lank kunswerke gemaak, waarvan die hooftema natuurlik liefde was.

Thando en Sipho Hlatshwayo in hul rooi pakkies. Foto ingestuur.

“Ons het vir die leerders Bybelverse gewys waar liefde uitgebeeld word. Ons het op ons leerders gefokus om vir hulle te wys hoe lief ons hulle het,” het sy vertel.

Die leerders het gedurende die week liedjies oor liefde gesing, asook rympies opgesê wat oor liefde gegaan het.

“Die leerders het dit vreeslik geniet en Valentynsweek afgesluit deur heerlike kolwyntjies met ‘n aarbeiversiersel en hartjiesprinkels te bak en te brou,” het Chevonne vertel.

Related Articles

Back to top button