Riebeeckrand beloon sy top akademiese leerders

Hoërskool Riebeeckrand beloon leerders wat in 2019 puik gevaar het op akademiese gebied.

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs hul akademiese prysuitdeling gehou.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, is die doel om leerders erkenning te gee vir hul harde werk gedurende 2019.

“Leerders wat in 2019 in Graad 8 tot Graad 11 was, het sertifikate, balkies, erekleure en trofeë ontvang as beloning. Die grade se Akademiese Top 10 is ook tydens die spoggeleentheid aangekondig.”

Die Top 1-leerder van elke graad is:

• Zandri du Plessis – Graad 8 met ‘n gemiddel van 91 persent

• Inhle Gumpo – Graad 9 met ‘n gemiddel van 86,78 persent

• Marizane Stoltz – Graad 10 met ‘n gemiddel van 83,63 persent

• Wjanik Beneke – Graad 11 met ‘n gemiddel van 80,43 persent

Devonique Breedt het die hoogste toekenning van die aand ontvang toe sy as die veelsydigste leerder van Graad 8 tot 11 aangewys is.

“Riebeeckrand se hoof en personeel is ontsettend trots op al die leerders – voluit vir Riebeeckrand!”

Exit mobile version