NewsSchools

Meer as 10 laerskoolhoofleiers nou trotse Riebeeckranders

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs 13 leerders verwelkom wat óf hoof- óf onderhoofleiers by hul onderskeie laerskole was.

Hoërskool Riebeeckrand het 13 Graad 8-leerders verwelkom wat óf hoof- óf onderhoofleiers by hul onderskeie laerskole was.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, is Riebeeckrand baie opgewonde om al hierdie leerders wat uitmuntende leierskap toon by die skool te verwelkom.

Hulle is Mongenique Viljoen (hoofdogter van Laerskool Hekpoort), Johan Collins (hoofseun van Laerskool Rapportryer), Arno Denysschen (onderhoofseun van Laerskool Rapportryer), Ilze van der Westhuizen (onderhoofdogter van Laerskool Rapportryer), Drytton Barnard (onderhoofseun van Laerskool Randfontein), Arno Coetzee (onderhoofseun van Laerskool Modderfontein), Mecyla Jonk (onderhoofdogter van Laerskool Modderfontein), Pharrel Dampies (onderhoofdogter van Laerskool Ebenhaeser), Andille Dingiswayo (hoofdogter van Avanté Primary School), Nembuso Gumpo (onderhoofdogter van Avanté Primary School), Jabulile Ndhlovu (hoofdogter van Cornerstone Christian School), Vuyolwethu Gwenxane (hoofdogter van Laerskool Glenharvie) en Zac Smith (hoofseun van Laerskool Glenharvie).

“Ons sien daarna uit om dié Graad 8-leerders se leierskapvaardighede verder te ontwikkel,” het Elzeri vertel.

Related Articles

Back to top button