Riebeeckrand verwelkom groentjies met Simba-tema

Hoërskool Riebeeckrand se Graad 8-groentjiekonsert op Woensdag, 29 Januarie was asemrowend met al die kleurvolle kostuums en oulike karakters.

Hoërskool Riebeeckrand se Graad 8-leerders van 2020 het alles gegee by die jaarlikse groentjiekonsert.

Hierdie jaar se tema was ‘Simba kom huis toe’. Die leerders het die storie van die bekende Disney-karakter, Simba, vertel – natuurlik met ‘n bietjie Riebeeckrand-uniekheid.

Rorisang Molotsane (Rafiki) besig om die gehoor te vermaak. Foto: Michelle Roodt.

Met hulle kleurvolle kostuums, beligting en entoesiasme het die Graad 8’s hul groentjiekonsert voluit aangepak.

Judy rredelinghuis wys hoe dit gedoen word. Foto: Michelle Roodt.

 

Exit mobile version