MunicipalNews

Inwoner maak self slaggate reg

Dit is hartseer om te sien hoe Randfontein agteruit gaan — inwoner.

Nog ‘n inwoner van Randfontein, Riaan Coetzer van Helikonpark het inisiatief aan die dag gelê deur sy straat se slaggate met sement te vul.

Riaan is in die fotografiebedryf en het vertel dat ‘n fotograaf altyd ‘n mooi agtergrond wil hê. Die pad het hom nie so ‘n gevoel gegee nie.

Lees ook:

Residents take matters into their own hands by fixing potholes

“Ons wil nie die munisipaliteit se werk uit hul hande neem nie, maar dit is reg voor ons huis, daarom neem ons inisiatief en maak dit reg,” het hy vertel. “Ons bly in so ‘n mooi omgewing; ons wil dit so hou.”

Met graaf in die hand het Riaan Coetzer die slaggate voor sy huis reg gemaak.
Foto: Michelle Roodt.

Riaan het twee sakke sement gekoop en aan die werk gespring.

“My vrou het ‘n salon en ek wil nie hê dat haar kliënte se karre beskadig word nie,” het hy verduidelik.

“Dit is vreeslik hartseer om te sien hoe Randfontein agteruit gaan, maar as ek dit sou los, sou die hele pad ses maande later so gelyk het.”

Hy het ‘n beroep op al die ander inwoners gedoen om ook inisiatief te neem en die gedeelte rondom hul erwe skoon en netjies te maak, dan sal dit al klaar beter gaan.

Related Articles

Back to top button