MunicipalNews

Rioolprobleem drie weke lank onopgelos

Ons bel nie eers meer die munisipaliteit nie, want niks word aan die probleem gedoen nie – anonieme inwoner oor waterprobleem in Greenhills.

Dit is dalk ‘n nuwe jaar en ‘n nuwe begin, maar Randfontein se probleme bly dieselfde.

Die inwoners van die dorp is al moeg gekla oor die lang gras, slaggate en waterprobleme.

Die gat waar die water al vir drie weke uitloop.
Foto: Michelle Roodt.

Volgens ‘n inwoner van Greenhills wat verkies om anoniem te bly, loop rioolwater al ongeveer drie weke lank op die hoek van Quagga- en Steenbokweg uit. “Die riool loop kort-kort in die pad af. Dit stink al drie weke lank so erg dat jy nie eers in jou huis wil eet nie,” het die inwoner vertel. Soms loop daar weer skoon water uit.

“Waar die water uitloop is daar al so ‘n groot sinkgat dat my bure nie eers behoorlik uit hulle erf kan kom sonder om hul kar te beskadig nie,” het die inwoner vertel.

Pieter Dick, raadslid van Greenhills, het bevestig dat daar al die afgelope drie weke ‘n probleem op die hoek van Quagga- en Steenbokweg is. Daar het aanvanklik rioolwater uitgeloop, maar later het daar ook skoon water uitgeloop.

“Die pype in die parkie het gebreek, daarom vloei skoon en rioolwater uit een pyp uit,” het Peter vertel.

Related Articles

Back to top button