Riebeeckrand-groentjies hou waatlemoenfees

Hoërskool Riebeeckrand se 2020-seniorraad het die nuwe groep Graad 8's op Dinsdag 14 Januarie met 'n waatlemoenfees verwelkom.

Die nuwe groep Graad 8’s van Hoërskool Riebeeckrand het hul eerste nieamptelike hoërskooldag op Dinsdag, 14 Januarie met ‘n waatlemoenfees afgeskop.

Theodoir van Staden word deur die Graad 8’s geteiken.

Daar was waatlemoene net waar jy kyk en die groentjies het die perfekte weer goed benut.

Hulle het deur ‘n sprinkelaar gehardloop, waatlemoen geëet en mekaar goed met die skille besmeer.

Waatlemoenskille lê die hele veld vol.

 

Die Graad 8’s geniet die dag.

 

Divan Oosthuizen praat met ‘n groep Graad 8’s.

Exit mobile version