Local newsNews

Meer as 50 keer bloed geskenk

Shiela skenk bloed om 'n verskil te maak.

Daar is mense wat vir naalde gril en selfs daarvoor bang is, maar nie Shiela van den Heever nie.

Sy het op Saterdag, 11 Januarie vir die 52e keer bloed geskenk nadat die SANBS ‘n beroep op skenkers gedoen het om die tekort te help aanvul.

Shiela het op die ouderdom van 16 begin bloed skenk.

Toe ek jonk was, was my pa in talle ongelukke betrokke. Ek het toe besluit om bloed te skenk. Al gaan al my bloed nie noodwendig om hom te help nie, weet ek darem dat ek ander se lewens kan red,” het Shiela vertel.

Sy het bygevoeg dat die naald haar glad nie seermaak nie, en dat dit tussen vyf en ses minute duur om die sakkie vol te tap.

“Jy kan gewoonlik vier tot vyf keer ‘n jaar skenk – dis omtrent elke twee maande.”

Shiela het vertel dat sy baie trots is op wat sy doen, en nie ‘n dag spyt is oor haar besluit om gereeld bloed te skenk nie. Sy het selfs haar seun en dogter oorreed om bloed te skenk. “Hulle volg in hul ma se voetspore,” het sy trots gesê.

Sy daag almal uit om minstens een keer te gaan bloed skenk want, “Dit is wonderlik om te weet dat jy iemand se lewe in ‘n groot mate kan verander, selfs red!”

Related Articles

Back to top button