Local newsNews

Rappies se 2020 Graad 1’s verwelkom

Op Dinsdag, 14 Januarie het Laerskool Rapportryer se nuwe Graad 1’s hul Rappies-paspoorte gekry.

Die nuwe groep Graad 1’s van Laerskool Rapportryer kon nie wag vir die eerste skooldag op Dinsdag, 14 Januarie nie.

Met hul tassies in die hand het die nuwe generasie tog te fraai gelyk.

Soos verlede jaar is die Graad 1’s van 2020 en hul ouers genooi om die skool en onderwysers ‘n dag voor die skool begin te leer ken sodat die eerste amptelike skooldag op 15 Januarie nie so ‘n groot skok is nie en hulle nie deur die teenwoordigheid van die ouer kinders geïntimideer word nie.

Khloe Strydom is reg vir Graad 1.

 

Jaco en Wilna Reid saam met Mariahnè wat Graad 1 toe gaan, en haar sussie Louhanè.

 

Leon Jansen van Rensburg saam met Leandri, Tihan en Neill Barnard.

 

Abbygail Scheepers is reg vir werk!

Vir nog foto’s, kliek hier

Related Articles

Back to top button