Local newsNews

Grain Care Trust gee terug aan gemeenskap

"Grain Care Trust wil graag 'n verskil maak in die lewensgehalte van mense in nood".

Grain Care Trust het Woensdag, 27 November ‘n skenking vir die minderbevoorregte kinders by Laerskool Randfontein gedoen.

Volgens Zelda Nel, finansiĆ«le bestuurder vir Grain Care Trust, wil hulle graag ‘n verskil maak in die lewensgehalte van mense in nood. Hulle fokus op ‘n wye spektrum van liefdadigheidsprojekte, onder andere voedingskemas, kinderhuise, bejaardes en kinders in nood.

“‘n Kospakkie-uitreikprojek aan verskeie voedingsprojekte by skole en kerke word tans deur Grain Care geloods. Verskeie kospakkies is by hierdie voedingskemas afgegee om dit sodoende beskikbaar te stel aan gesinne in nood gedurende die lang Desember-skoolvakansie,” het Zelda verduidelik.

Grain Care Trust het 80 kospakkies vir leerders by Laerskool Randfontein in Homelake gaan afgee.

“Dit bly ‘n voorreg om te gee en genade om te ontvang, het sy vertel.

Laerskool Randfontein is baie dankbaar vir die moeite wat Grain Care Trust gedoen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button