‘Ons wil ‘n verskil maak’

'Ons het 'n hart vir die gemeenskap.'

Die Metah Foundation, ‘n organisasie wat in Maart 2018 deur Catarina Heroldt en Stephen Aucamp gestig is, help oral in Randfontein waar daar nood is.

Die organisasie het nie ‘n vaste perseel vanwaar hulle kan werk nie, en sommige kerke maak hulle deure vir hulle oop sodat hulle soms hul kantore kan gebruik.

Daar is drie ‘departemente’ waarop die Metah Foundation fokus. “Die eerste departement het te doen met dwelms, rehabilitasie en berading, die tweede departement fokus op kinders en die derde departement is ‘n uitreikprogram.

Catarina en Stephen beoog om die organisasie in die nuwe jaar verder uit te brei, om soveel mense moontlik te help, asook om ‘n verskil te maak in die lewens van dié wat dit nodig het.

Exit mobile version