NewsSchools

Melktandjies hou Ouma-en-Oupadag!

Melktandjies in Randfontein se vierjariges bederf hul oumas en oupas.

Op Woensdag, 27 November 2019 is die oumas en oupas van Melktandjies Kleuterskool se leerdertjies deur hul kleinkinders met ‘n spa-dag bederf. Al die oumas en oupas het ook lekker eetgoedjies gebring wat hulle na die troetelsessie met koffie of tee saam kon geniet.

Charmaine en Lerina du Preez word bederf.

Die leerders was baie opgewonde om iets so spesiaal vir hul oumas en oupas te doen en tyd saam met hulle te spandeer.

Charlene van der Merwe en Nikeziwe Zimba geniet die bederfsessie.
Refilwe Moeng vertroetel haar ouma.
Devin du Preez besig om lekker voete te was.
Rhema van Rooyen was haar ouma se voete.
Aiden Schoeman geniet dit om sy ouma te vertroetel.
Oarena en Tshepi Molatlhegi bederf lekker vir oupa.
Bokamoso Baloyi was Sophie Mhlanga se voete.
Jerimiah Phoko en Gladuys Hlungwane is baie bly om ‘n bietjie vertroetel te word.
Yinqi Makhubele is baie lief vir sy ouma.
Kiara en Estian Pretorius besig om hulself te geniet.
Oupa Bucks Pretorius word lekker deur sy kleinkinders bederf.

Related Articles

Back to top button