Die gemeenskap het op Saterdag, 23 November by Tambotie-winkelsentrum bymekaar gekom vir ‘n Kersliedere by Kerslig-geleentheid.
Daar is talle Kersliedere gesing en die dae totdat dit Kersfees is word beslis nou afgetel.
Die Metah Foundation, ‘n niewinsgewende organisasie in Randfontein, is dié jaar die gekose begunstigde.
Stephen Aucamp, een van die organiseerders, het gesê die aand was baie suksesvol en almal het dit geniet.
“Almal het hul stoele gebring om saam na die musiek te luister. Elkeen het ook ‘n kers gekry wat toe aangesteek is. Ons almal sien nou uit na Kersfees.”