Kersvader is op pad!

Amper weer tyd vir geskenke van die Venter-familie in Venterspos!

Dit is amper weer Kerstyd en die Venter-familie van Venterspos gaan weer hierdie jaar op hulle bakkie ry en geskenke in die dorp uitdeel.

Die Venter-familie besig om geskenke uit te deel in Venterspos. Foto ingestuur.

“Dit is die 19de jaar wat ons dit vir die kinders in die dorp doen. Ons maak gewoonlik so tussen 300 tot 350 pakkies op wat ons dan op Oukersaand ry en uitdeel,” het Mary-Anne Venter vertel.

Volgens Mary-Anne deel hulle geskenkpakkies uit want hulle gee om vir hul dorp, en vir die kinders en volwassenes wat daar bly.

Kinders van Venterspos kry geskenkpakkies. Foto ingestuur.

Volgens Mary-Anne begin hulle gewoonlik op 24 Desember tussen 6nm en 6.30 geskenke uitdeel en hou aan tot middernag.

“Die kinders staan gewoonlik van vroegoggend af en kyk of Kersvader nie dalk al op pad is nie.”

Exit mobile version