NewsSchools

Riebeeckrand is ryk aan kultuur

Hoƫrskool Riebeeckrand spog met prestasies in kultuur.

Hoƫrskool Riebeeckrand is ryk aan kultuur en bied 12 aktiwiteite waaraan hul leerders kan deelneem.

“Met topklasafrigting wat die skool aanbied, word die leerders se talente verder ontwikkel. Gevolglik presteer hulle uitstekend by verskeie kompetisies,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesĆŖ.

Volgens Elzeri, het Riebeeckrand juis tydens hulle jaarlikse kultuurprysuitdeling in Oktober erkenning aan hul leerders vir leierskap en verskeie kultuurprestasies gegee.

“Die skoolsaal was volgepak met trotse ouers tydens diĆ© glansaand. Riebeeckrand is trots op elke leerder wat deur die jaar getrou hul oefeninge bygewoon het, toekennings ontvang het en deurentyd hul beste gegee het,” het Elzeri vertel.

Volgens Elzeri het die Graad 9 Public Speaking-span vanjaar lourierkleure ontvang, wat die hoogste toekenning tydens die prysuitdeling was.

“Lourierkleure bestaan uit ā€˜n spesiale wit baadjie met ā€˜n goue draad, louriersakwapen en ā€˜n goudgeborduurde balkie wat die kategorie aandui waarin die prestasie gelewer is. Ons is baie trots op diĆ© span wat die Nasionale ronde van die Radikale Redenaar-kompetisie gewen het.”

Related Articles

Back to top button