So onthou ons die Treinrestaurant

'n Stuk geskiedenis met tonne goeie herinneringe.

Die Herald word oorval met boodskappe uit die gemeenskap nadat die geliefde Treinrestaurant, soos baie inwoners van Randfontein dit ken, in ‘n brand vernietig is.

Lees die oorspronklike artikel hier:

JUST IN: Landmark at the Riebeeck Lake catches fire

Boodskappe is van ooral oor op die Randfontein Herald se Facebook-blad geplaas waarin die gemeenskap hulle stories en van hul hartseer vertel:

“Die goeie ou dae; het die heerlikste kos daar geëet saam met my ouers in 1987” — Errens Oosthuizen

“Het baie daar gaan eet en het baie Sondaemiddae na die Country Shows daar gaan kyk en piekniek ook gehou. Ai, wens dit kon weer so wees. In die goeie ou dae was als so lekker en mooi na gekyk. Vandag is als net een groot gemors. Dis so hartseer!!!” — Sophia Botha

“Awesome food and an exquisite Christmas lunch, we drove from far at times to go have a meal there” — Tania Snyman

Lees ook:

UPDATE: Fire damages former ‘Train Restaurant’; no injuries reported

“Ons het baie da geëet en my eerste roomys float da geëet saam met my sus Rozelle de Beer en nigga Liza Volschenk, en my boetie se 21e is daar gehou” — Michelle Engelbrecht

“Die Treinrestaurant het altyd die heerlikste kos bedien. Ai, waar is daardie dae …” — Ina van Rooyen

Sonja Young, ‘n oudinwoner van Randfontein het in Februarie 2006 haar troufoto’s by die trein laat neem.

Volgens Betsie Austin, ‘n inwoner van Randfontein, ken haar gesin die Treinrestaurant sedert die tyd toe Johan en Ina Pienaar die eienaars daarvan was. Betsie-hulle het haar pa se 60ste verjaarsdag daar gevier want hy het die eienaars goed geken. Hy het melk aan hulle gelewer. “My ouers Poen en Miem Nortje het ook elke Sondag daar geëet en saam met die eienaars geskuif toe hulle die lodge agter dr Pretorius oorgeneem het,” het sy vertel.

Die Treinrestaurant is beslis ‘n stuk geskiedenis waaraan talle mense sal bly terugdink. Die plek laat soveel goeie herinneringe na.

Die binnekant van een van die rytuie.
Foto: Lou Brits.
Die oorspronklike spyskaart.
Foto: Lou Brits.
Die ingang van die restaurant het soos ‘n stasie gelyk.
Foto: Lou Brits.
Die binnekant van een van die rytuie.
Foto: Lou Brits.
Een van die rytuie word destyds afgelaai.
Foto: Lou Brits.
Die gedekte tafels in die rytuig.
Foto: Lou Brits.
Werkers lê die spoor waarop die trein by Riebeeckmeer gestaan het.
Foto: Lou Brits.
Die rytuig word Riebeeckmeer toe vervoer.
Foto: Lou Brits.
Mense kuier in die restaurant.
Foto: Bestie Austin.
Een van die rytuie word destyds afgelaai.
Foto: Lou Brits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version