Local newsNews

Bekende makelaar sterf

Frans Lottering, bekende makelaar en eienaar van Broker House in Homelake is oorlede.

Frans Lottering, 68, die eienaar en makelaar van Broker House is die afgelope naweek oorlede.

Volgens Letzi Lottering, Frans se vrou, het sy hart kort voor 7vm op Saterdag, 2 November gaan staan.

“Frans was ‘n groot man met ‘n groot hart, en niks het tussen hom en sy stiltetyd met die Here gekom nie,” het ‘n baie hartseer Letzi gesê.

Frans was vir 43 jaar ‘n makelaar by Old Mutal en was een van die Top 10 makelaars in Suid Afrika.

Lees ook hier:

#WisdomWednesday: How to cope in tough financial times …

Letzi het vertel dat Frans se glimlag almal laat glimlag het, al was dit hoe ‘n slegte dag. Hy het baie vinnig in mense se harte ingekruip en hy gaan werklik baie gemis word.

Frans se begrafnisdiens sal op Vrydag, 15 November om 2nm by die AGS Kerk in Randgate plaasvind.

Hy word oorleef deur sy vrou, twee dogters, ‘n seun asook twee kleinkinders om wie sy hele lewe gedraai het.

Die Herald-personeel betuig hiermee ons meegevoel teenoor Frans se naasbestaandes en wens hulle sterkte toe in hierdie hartseertyd.

Frans was juis op 2 Oktober 2019 die gas vir die Herald se #WysheidWoensdag en het raad gegee oor hoe mens kop bo water kan hou in hierdie moeilike ekonomiese tye.

Related Articles

Back to top button