Geliefde Tannie Lizzie sterf op 103

Die Here het haar baie mooi kom haal – familie.

Een van Randfontein se oudste inwoners, Lizzie le Roux, beter bekend as Tannie Lizzie, is oorlede.

Annetjie Haywood en Isabel Smal, Tannie Lizzie se dogters, het Woensdag, 6 November aan die Herald bevestig dat hul ma op Sondag, 3 November in die ouderdom van 103 vreedsaam gesterf het.

Lees ook:

Skool en vrou vier 101e verjaarsdag saam

“Sy het rustig gegaan. Die Here het haar baie mooi kom haal.”

Volgens Annetjie en Isabel word Tannnie Lizzie oorleef deur 50 familielede.

Lees meer:

Tannie Lizzie is 1 200 maande jonk

Die Herald-personeel betuig hiermee ons meegevoel teenoor haar naasbestaandes en wens hulle sterkte toe in hierdie hartseertyd. Aan Tannie Lizzie sê ons by die Herald, “Ons sal vir Tannie regtig mis”.

Veronica Norsworthy van Helikonpark oorhandig Tannie  Lizzy se verjaarsdagkoek met haar 100e verjaarsdag. Foto: Alanicka Lotriet

Exit mobile version