Local newsNews

Waterpan Stalle hou boeresport!

Mense het van oraloor gekom om boeresport, 'n perdewedren en 'n dag in die buitelug saam met Waterpan Stalle en hulle families te geniet.

Mense het van oraloor gekom om Waterpan Stalle se boeresportdag op 26 Oktober te geniet. Daar was boeremusiek, toutrek en eiergooi, asook ‘n perdewedren.

“Die boeresportdag word gehou om ons liefde vir perde en boeresport vir die gemeenskap te wys,” het Abel Erasmus, een van die organiseerders verduidelik.

Dries du Preez, Neels Vermaak, Human du Preez, Janco de Bruyn, Leandri du Plessis en Quinton Webb.

Die byeenkoms word vier keer ‘n jaar gehou om almal in die omgewing bewus te maak van al die diere en die buitelewe.

Die jong klomp was gretig om tou te trek, en dit was die dogters teen die seuns. Die seuns het baie hard probeer, maar die dogters het hulle onderstebo getrek!

Die vroue trek so wat hulle kan.

Volgende was dit die vroue teen die mans, en al het al die vroue alles ingespan, kon hulle nie die mans ‘n les leer nie.

Na die perdewedren wat deur Leandri du Plessis en haar perd Solar Quest gewen is, is daar eiers gegooi. Oud en jonk het deelgeneem en daar was later ‘n paar deelnemers wat behoorlik besmeer was.

Die organiseerders sê graag baie dankie vir almal se ondersteuning.

Eurika Uys saam met haar dogter, Zelda Appelgryn.
Karabelo Mnguni.
Die meisies wys die seuns hoe dit gedoen word.
Die mans weet hulle het die oorhand in die toutrek.
Die seuns trek so wat hulle kan.
Leandri du Plessis op haar perd, Solar Quest.
Marilize Jooste het die eiergooi beslis geniet.
Wimpie Herbst, Will Wagner, Annatjie Potgieter, Lindie Steyn en Jacques Herbst.
Jaco de Bruyn op sy perd, Paola.
Sonette Nel, Eben Nel en Venite van Schalkwyk.
Die eiergooiers in aksie.
Almal laat waai met die eiers.

Related Articles

Back to top button