VIDEO: Riebeeck-matrieks doen Poortloop

Matrikulante van Hoerskool Riebeeckrand stap nou in die wye wereld in.

Op Dinsdag 15 Oktober het die 2019-matrikulante deur die hekke van Hoërskool Riebeeckrand se Poort geloop. Na dié mooi seremonie het die matrikulante en hul ouers ‘n afsluitingsdiens by NG Wes-gemeente bygewoon.

Sharne Landman by skoolhoof Annelize van den Berg.
Foto: Elzeri Wright.

By Riebeeckrand bestaan die pragtige tradisie van Poortloop al ‘n geruime tyd. “Dit beteken dat elke Graad 8-leerder en ook nuwe leerders wat by Riebeeckrand inskryf, na die Groentjiekonsert deur die skool se Poort stap om as ‘n volwaardige Riebeeckrander ingeburger te word,” het skoolwoordvoerder Elzeri Wright verduidelik.

Sy het bygevoeg dat die leerders aan die einde van hul matriekjaar weer deur dieselfde Poort se hekke na buite stap as simbool daarvan dat hulle as volwaardige Riebeeckranders met trots die wye wêreld ingestuur kan word.

Reyner la Grange by skoolhoof Annelize van den Berg.
Foto: Elzeri Wright.

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op elkeen van sy 2019-matriekleerders.

Exit mobile version