Rappies hou besondere manne-oggend

Andries Vermeulen, aanbieder van Oppiestoep, het 'n draai gaan maak by Laerskool Rapportryer.

Op Saterdag, 4 Oktober het storieverteller, liedjieskrywer en aanbieder van Oppiestoep, Andries Vermeulen, ‘n draai gaan maak by Laerskool Rapportryer se Manne-oggend. Volgens Jooste Henning, organiseerder van die funksie, het dit gegaan oor identiteit en outoriteit.

Gaste geniet die manne-oggend saam.
Foto: Ingestuur.

“Andries het met die manne gesels oor hoe om weer deel te raak van ons gesinne en die samelewing – met ‘n paar grappe tussenin,” het Jooste vertel.

Nagenoeg 300 manne het die werklik besonderse oggend saam met hulle geniet, het Jooste gesê.

Skoolhoof Carel Stoop, Andries Vermeulen en Beheerliggaamvoorsitter Ockert de Jager.
Foto: Ingestuur.

Laerskool Rapportryer en die skool se beheerliggaam het verseker dat ‘n lekker ontbyt na die tyd bedien is, en dat die aanwesiges vir Andries ‘n bietjie van nader kon leer ken.

Exit mobile version