Hoërskool Riebeeckrand hou jaareindbal

Vanjaar se jaareindbal by Hoërskool Riebeeckrand was 'n kombinasie van 'n tropiese paradys en leerbaadjiedraers.

Hoërskool Riebeeckrand het hul jaarlikse jaareindbal op 11 Oktober gehou. Die tema was ‘Bikers vs Surfers’.

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat die een helfte van die saal soos ‘n tropiese paradys versier was, en die ander helfte soos ‘n motorfietspretbaan.

Die versierde voorportaal.

“Die Graad 10-raad was aan stuur van sake en hulle het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Die saal was sprokiesmooi versier.

“Die leerders het die aand omgedans en hulself gate uit geniet, en wanneer hulle voete moeg gedans was, kon hulle heerlik buite voor die saal op die grasperk kuier,” het Elzeri gesê.

Junita Murray, Carla Neethling en Devonique Breedt.

Volgens Elzeri was hierdie maar net een van vele aande van herinneringe wat hul vir altyd sal kan koester.

Junita Murray, Carla Neethling en Devonique Breedt.
Xhante Fraser en JP Nel.
Collin da Corte, Ruman Munz en Koketso Sebeka, Jaden Phillips.

Exit mobile version