MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Mense kan nie so lewe nie – raadslid oor riool

KYK: Raadslid bekommerd oor ‘n rioolprobleem wat glo al drie maande duur.

Nicolette Kiewietz van Wyk 8 het haar kommer uitgespreek oor ‘n rioolprobleem in Rubystraat, Toekomsrus.

Volgens Nicolette het hulle reeds vir ongeveer drie maande met die probleem te kampe – nog voordat die munisipale werkers begin staak het.

“Dit is ‘n gevaar en ‘n gesondheidsrisiko. Hier is twee babas in die erf en almal word siek. Die stank is ook iets onbeskryflik.

“Iets moet nou omtrent die die saak gedoen word. Mense kan nie so lewe nie,” het Nicolette gesê.

Nicolette Kiewietz, raadslid van Wyk 8 by die rioolprobleem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button