NewsSchools

Sprokie-afskeid vir matrikulante van Hoërskool Riebeeckrand

Hoërskool Riebeeckrand wens elke matrikulant sterkte toe vir die toekoms – skoolwoordvoerder.

Hoërskool Riebeeckrand se matrikulante het op Donderdag, 26 September hul matriekafskeid by Usambara in Muldersdrift gehou.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, het al die matrikulante spoggerig gelyk en die toeskouers se asems weggeslaan met hul aankoms op die rooi tapyt.

Sy het bygevoeg dat drie Riebeeckrand-dogters deur die televisiespan van VIA kanaal 147 verfilm is vir die program My Matriekafskeid.

Die televisiespan was al vroegoggend besig met die verfilming. Hulle het seker gemaak hulle vang elke liewe oomblik vas.

“Mede-matrikulante is ook deur die loop van die aand verfilm terwyl hulle van hul matriekafskeidervaring op kamera vertel het.

“Die matrikulante het die aand omgedans. Hulle het heerlik gekuier en gesmul aan ‘n driegangmaaltyd. Hulle het voorwaar stylvol en elegant gelyk.

“Hoërskool Riebeeckrand wens elke matrikulant sterkte toe vir die toekoms.”

Rujuan Jansen van Vuuren en Ilse-Mari Laubscher. Photo: Status Studio, Johan Minnaar.

 

Ansunè Reynolds en Heinrich Gericke. Photo: Status Studio, Johan Minnaar.

 

Victor Basson en Charize Meyer. Photo: Status Studio, Johan Minnaar.

 

Charl Meyer en Criske Hechter. Photo: Status Studio, Johan Minnaar.

 

Melouise Mulder en Henry Rall. Photo: Status Studio, Johan Minnaar.

 

Jacques Olivier. Photo: Status Studio, Johan Minnaar.

 

Eztia Saunders. Photo: Status Studio, Johan Minnaar.

Related Articles

Back to top button