Die Herald gaan ver terug na 2 Oktober 1987 vir hierdie week se #ThrowbackThursday.
Ria Herbst, voorsitter van die Vroue Landbou-Unie se Middelvlei-tak met die Herald se 2 Oktober-uitgawe van 1987.
Dis #ThrowbackThursday en die Herald kyk vandag na die nuusgebeure waaroor daar in sy 2 Oktober 1987-uitgawe berig is.
Op bladsy 32 van dié uitgawe met Vroue Landbou Unie demo as opskrif, word daar berig oor die massaopkoms van vroue tydens ‘n VLU-oggend. Vroue is gewys hoe om blomme te rangskik. Sandra Rossouw en Joan Hoffman wat ook demonstrasies gegee het, het die vroue geïnspireer.
Die Herald het met Ria Herbst, voorsitter van die Vroue Landbou-Unie se Middelvlei-tak gesels. Sy het gesê dat hulle in 2020 hul 40e bestaansjaar sal vier. Sy het ook gepraat oor die lede en wat hulle vir die gemeenskap doen.