Inligtingsoggend oor boelies ‘n groot sukses

Randfontein Mamma's en Pappa's teen Boelies in samewerking met Bikers Against Bullies SA het op Saterdag, 28 September 'n inligtingsoggend aangebied.

Die Randfontein Mamma’s en Pappa’s teen Boelies, in samewerking met Bikers Against Bullies SA het op Saterdag, 28 September ‘n inligtingsoggend by Panarottis in Greenhills gehou.

Daar is inligting gegee oor die stappe wat mens moet volg wanneer jou kind by die skool geboelie word.

Santie Gerber, Pieter Fourie, Surette Botes en Tammy Craft, die organiseerders van die inligtingsoggend.

Die gasspreker, Hannelie White, het gepraat oor haar persoonlike ervaring met boelies toe haar seun ‘n slagoffer was, en het ouers aangemoedig om nie afknouery te ignoreer nie.

“Begin deur ‘n voorbeeld in jou huis te stel. Onthou dat ons as ouers ‘n voorbeeld vir ons kinders moet stel, en hulle moet weer ‘n voorbeeld stel vir ander kinders by die skool,” is haar raad.

Lees die Herald se 4 Oktober-uitgawe vir ‘n meer in-diepte storie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version