Inligtingsoggend oor boelies, kindermishandeling

Ouers in die gemeenskap word genooi na 'n inligtingsoggend oor afknouery en kindermishandeling op 28 September.

Randfontein Mamma’s en Pappa’s teen boelies in samewerking met Bikers Against Bullies SA nooi die gemeenskap uit om ‘n inligtingsoggend oor afknouery en kindermishandeling by te woon.

Volgens organiseerders sal daar verskeie gassprekers wees wat van hul eie ervaring met mishandeling, ontvoering en afknouery in skole gaan vertel. Die doel van die oggend is om ouers in te lig oor wat daarbuite aangaan sodat hulle ook ‘n verskil vir hulle kinders kan maak.

Die inligtingsoggend vind plaas op Saterdag, 28 September en begin om 8vm by San Pedro Spur in Randfontein.

Bevesting u plek voor of op 24 September 2019 deur ‘n WhatsApp na 082 236 3684 te stuur.

Vir meer inligting kan die volgende persone gekontak word:

• Tammy: 084 740 4315

• Santie: 076 406 8775

• Surette: 082 236 3684

Exit mobile version